
.jpg)
Aansluitings Vereistes
Voordele van Stellaland Voëlklub:
-
Lede van die klub help mekaar met bemarking van voëls.
-
Met elke vergadering word ‘n insiggewende praatjie gegee om aan lede inligting te verskaf om meer kennis op te doen oor die voëlbedryf.
-
Stellaland Voëlklub het 'n top voël veearts wat as lid dien.
-
Spesiale kostes word deur die veearts aangebied aan klublede wanneer voëls gesex word en produkte aangekoop word.
Klub vereistes:
-
‘n Minimum van twee vergaderings moet jaarliks bygewoon word.
-
Indien nie moontlik om n vergadering by te woon nie, moet ‘n verskoning by bestuur of op “whatsapp” groep gemaak word.
-
Hulp en betrokkenheid moet by die klub se jaarlikse voëlveiling getoon word.
-
Wanneer hokke geïnspekteer moet word vir ringnekke sal daar Å„ fooi van R1000 vereis word en indien die klublid aan al die klub se vereistes voldoen sal die geld na Å„ jaar terug betaal word aan die lid.
NB! Indien 'n lid nie aan die vereistes voldoen nie sal lidmaatskap opgeskort word en alle voordele verval asook permitte.
Ringnek permit vereistes:
-
Hokke moet beskik oor ‘n dubbel deur.
-
Draad spasiëring mag nie meer as 25x50 wees nie, met n minimum dikte van 1.5mm.
-
Algemene standaard van die hok moet in n goeie toestand wees om te verseker dat die voëls nie uitkom nie.
-
Volledige rekordhouding moet gehou word (voëls aangekoop, voëls verkoop, voëls dood, kuikens gebroei).
NB! Inspeksie sal gedoen word voor die permit aansoek ingestuur word. Indien hokke nie aan die vereistes voldoen nie sal permit aansoek nie voltooi word nie
Jaarlikse Ledegeld Stellaland: R380 (Ingesluit PVSA lidmaatskap & aansluitingsfooi, Å„ additionele R50 vir nuwe lede)