top of page

In die middel tagtiger jare het ‘n paar voëlboere van Ottosdal, Delareyville, Setlagole en omgewing besluit om ‘n voëlklub te stig, die klub is gestig en besluit dat dit Stellaland Voëlklub sal heet, vernoem na die geografiese area van daai tyd. Stigters lede was Louis Bothma, Bossie Boshoff, Sakkie Visagie, Dan Viljoen, Charles Higgs en Nick van der Merwe met Louis Bothma as die eerste klub voorsitter en Sakkie Visagie as Sekretaris.

Sowat ‘n paar jaar later het Stellaland Voëlklub saam met ‘n paar ander klubs besluit om die Noordwes-streek telersvereniging te stig. Stellaland het ‘n baie groot rol gespeel in die stigting van hierdie vereniging. In 1991 het die streek die heel eerste voëlveiling te Christiana gehou, dit was die Prestige voëlveiling van die Noordwes-streek telersvereniging genoem, hierdie veiling was vir etlike jare met groot sukses gehou.

In 1998 het Stellaland onder leiding van Koos Weidemann hul heel eerste klub veiling in Ottosdal gehou, dit was die ook die begin van georganiseerde veilings in Suid-Afrika. Die veiling was vir baie jare in Ottosdal aangebied, die veiling het bekendheid onder voëltelers verwerf as ‘n profesioneel aangebiede veiling waar hoë kwaliteit voëls aangebied word. Die veiling het intussen verskyf na Sannieshof waar dit nogsteeds een van die hoogtepunte van die PVSA veilings kalender is.

Stellaland was nog nooit ‘n groot klub nie en beskik tans oor 27 lede wat dit een van die kleiner klubs maak, die klub roem hom op ‘n hoë aantal aktiewe lede met meer as 70% bywoning van alle klub aktiwiteite. Die klub hou minstens 4 vergaderings per jaar waar ons kennis oor en insae tot ons bedryf uitruil, sowel as 2 sosiale geleenthede waarvan een ons jaarlikse veiling is en die ander ‘n eiende van jaar klub afsluiting, waar almal saam kuier en ons passies deel. Die klub poog om jong voëlboere te ondersteun en te bemagtig en is ons trots op ons groot getal lede wat jonger as 30 is met sommiges selfs jonger as 18.

Ons is baie trots op die geskiedenis van Stellaland Voëlklub, die waardevolle bydrae van die klub en sy lede tot die S.A. voëlbedryf, asook die uitmuntende veiling wat ons elke jaar aanbied.

© 2023 by Name of Site. Proudly created with Wix.com

bottom of page